Ons keuse om by hierdie Strandcafe in te loop was omdat dit so "cozy" gelyk het. Met die uitsig op die see deur die groot ruim vensters, het ons baie lekker ontspan. Ons het 'n heerlike illy koffietjie geniet met tuisgebakte melktert en pannekoek. Met die vriendelike diens en tuisgemaakte disse wat geoffer word, sal ons beslis weer soontoe gaan.